Lees ook: Israel vra Internasionale Geregshof om SA se aansoek af te keur
DEN HAAG. – Ierland het bekendgemaak hulle gaan ingryp in die saak wat Suid-Afrika teen Israel in die Internasionale Geregshof aangebring het. Hulle wil die definisie van volksmoord verbreed hê.
Ierland het aangedui hulle wil hê dat die beperking van kos en ander noodsaaklike goedere kan dui op die bedoeling om volksmoord te pleeg.
Hulle glo daar is ’n saak van volksmoord teen Israel met hoe die oorlog uitgevoer word.
Ierland wil hê die hof moet beslis of die straf van ’n hele bevolking op volksmoord dui.
Bronne: BBC, The Irish Times, The Guardian
Lees ook: Israel vra Internasionale Geregshof om SA se aansoek af te keur





