Brekende Nuus
Afrikaans

Israel vra Internasionale Geregshof om SA se aansoek af te keur

Israel het gesê dit neem aksie om mense in Gaza te help en dat Suid-Afrika se beskuldigings “moreel afstootlik” is.

Israel vra Internasionale Geregshof om SA se aansoek af te keur fotokrediet: Canva
Israel vra Internasionale Geregshof om SA se aansoek af te keur fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel val weer Gaza-hospitaal in

DEN HAAG. – Israel het die Internasionale Geregshof gevra om nie nog noodbevele aan hulle te gee om die hongersnood in Gaza met hulp af te weer nie. Hulle het Suid-Afrika oor die hofaansoek vir maatreëls om hongersnood te verhoed, gekritiseer en het gesê dis ’n “misbruik van die hof”.

Israel het gesê dit neem aksie om mense in Gaza te help en dat Suid-Afrika se beskuldigings “moreel afstootlik” is. Hulle beweer dit is ‘n poging om Israel te beskuldig van die slegste misdrywe ten spyte van die feite. Hulle wil hê die Internasionale Geregshof moet Suid-Afrika se aansoek afkeur.

Bronne: Reuters, Daily Maverick, ECR

Lees ook: Israel val weer Gaza-hospitaal in