Brekende Nuus
Uncategorised

Ikeys verniel Maties in riller Varsitybeker-stryd

Foto: Johan Maree (aXnShots)
Foto: Johan Maree (aXnShots)

Die Universiteit Kaapstad Ikeys is Maandagaand in die Danie Craven-stadion as Varsitybeker-kampioene gekroon in die eindstryd teen Stellenbosch se Maties. Die Ikeys het met 44-21 as oorwinnaars uit die stryd getree en ‘n uitverkoopte Danie Craven stadion stil gespeel. Hul het vier drieë teenoor die Maties se twee gedruk.