Inhegtenisnemings vir vervalste items van meer as R40 m.

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Meer as 40 000 vervalste items ter waarde van meer as R40 m. is met operasies in Junie gekonfiskeer.

Lt.kol. Amanda van Wyk sê tydens die laaste operasie Woensdag is vier verdagtes in hegtenis geneem. Die nasionale eenheid vir vervalste goedere, sowel as ander rolspelers, het ‘n deursoekingslasbrief uitgevoer. Meer as 15 000 vervalste items ter waarde van R12.8 m. is gekonfiskeer.

Die items sluit sportprodukte, skoene, handsakke, hoede en parfuum in. Selfs ‘n drukker en etikette van bekende handelsmerke is tussen die items. Sommige items is in kompartemente en gipsmure gevind.

Op 21 Junie is meer as 18 000 items met ‘n waarde van R15.5 m. op die hoek van Rahima Moosa- en Von Wiellighsrate in Johannesburg afgeneem. Ook is beslag gelê op etikette en toerusting om vervalste goedere te produseer.

Vroeër die maand is meer as 7 000 items van R6.6 m in ‘n winkelsentrum langs Delversstraat in Johannesburg gekonfiskeer, asook meer as 7 000 items ter waarde van R5.8 m. in Fordsburg en Johannesburg.

Twee Chinese burgers is vir die oortreding van die wet op vervalste goedere en twee Ethiopiërs vir die oortreding van die immigrasiewet in hegtenis geneem.

“Hierdie items waarop beslag gelê is, word in toegewysde stoorplekke vir vervalste goedere gehou, waarna handelsmerke verwyder word. Die goedere word dan hergebruik in ander items soos meubels en speelgoed – ‘n ekovriendelike inisiatief wat deur die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele eiendomme (CIPC) gelei word.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief