KWAZULU-NATAL. – ‘n Bestuurder van ‘n motor het glo Maandagmiddag aan die slaap geraak en met voertuig en al op die rotse by Lucienstrand, naby Margate, beland.
Glen Preston van Med-Evac Ambulance sê die diens is na die toneel waar die bestuurder met die voertuig by Lilliecronarylaan die pad verlaat het en op ‘n afdraande teen rotse beland het. Die bestuurder is kritiek beseer toe sy met die impak van die ongeluk uit die voertuig geskiet is.
Die kritiek beseerde pasiënt is gestabiliseer alvorens sy vir verdere mediese behandeling deur dié diens en Mi7 National Group na ‘n hospitaal gehaas is.
KwaZulu Private Ambulance Service sê die bestuurder van die voertuig het glo aan die slaap geraak.


Foto’s: Med-Evac Ambulance