Intensiewe soektog na vermiste seiljag en bemanningslede geloods

Lees ook :

Foto: Slegs ter illustrasie

OOS-KAAP. – Twee Duitse burgers, van wie een dubbele Amerikaanse burgerskap het, word tussen Oos-Londen en Gqeberha op ‘n 42-voet seiljag, die Katouska, vermis. ’n Uitgebreide soektog is aan die gang.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die seiljag wat laas Mauritius aangedoen het, het Donderdagaand ’n mayday-sein uitgestuur omdat die seiljag water ingeneem het. Die twee mans het aangedui hulle probeer na die Oos-Londen-hawe vaar. Die NSRI het die reddingsboot Spirit of Lotto gelanseer, maar alle kommunikasie met die seiljag is kort daarna verloor.

‘n Soektog deur die maritieme reddingskoördinasiesentrum (MRCC) en NSRI gekoördineer, sluit verskeie NSRI-stasies, private vliegtuie, skepe en gevorderde soektegnologie in. ‘n Stormagtige see met branders tot 8 meter hoog bemoeilik dit soektog. Daar is tot dusver geen tekens van die seiljag of die bemanning gevind nie.

Die NSRI doen ’n beroep op alle skepe tussen Kei Mouth en Gqeberha om op die uitkyk te wees vir die Katouska en sy bemanningslede. Die NSRI kan by 087 094 9774 gebel word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief