Internasionale rugbytoernooi skop af in Kaapstad

Lees ook :

Op die foto duik Dylan Miller vir die eerste drie van die wedstryd. Foto aXnshots – Johan Maree

Lees ook hier: https://nuusflits.com/jong-franse-rugbyspeler-steeds-by-kaappunt-gesoek/

KAAPSTAD. – Die jaarlikse internasionale o.18 rugby-reeks in Suid-Afrika het Maandag in Kaapstad begin. Deelnemde lande is Suid-Afrika, Engeland, Ierland en Georgië. Die Franse span het besluit om hulle aan die reeks te onttrek ná die tragiese gebeurtenis vroeër vandeesweek toe een van hul spelers, Medhi Narjissi, tydens ‘n oefensessie by Kaappunt, deur die see meegesleur is.


Die skedule vir die reeks is toe hersien ná die onttrekking van Frankryk. Die eerste ronde het afgeskop by die Hoërskool Stellenberg in Kaapstad af, met die SA o.18-botsing met Frankryk wat gekanselleer is, terwyl die SA o.18 ‘A’-span se drie wedstryde tot een verminder is, nou slegs teen Georgië. Georgië, wat oorspronklik twee keer teen die SA o.18 ‘A’-span en Frankryk een keer sou speel, sal nou Vrydag 16 Augustus teen Engeland in hul tweede wedstryd te staan kom en hulle speel Dinsdag 20 Augustus teen Ierland op die laaste van die drie wedstryddae.


Mnr. Mark Alexander, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, het vroeër vandeesweek ‘n boodskap van medelye aan die Narjissi-familie en die Franse rugbygemeenskap gestuur ná die tragiese gebeure ‘n paar dae gelede. Voor elke wedstryd is ook ‘n minuut van stilte gehandhaaf as eerbetoon.

Tydens die openingswedstryd was die Iere net te sterk vir die Engelse en het geseëvier met 42-28. Rustyd telling was 21-7 in Ierland se guns. Die Suid-Afrika A- span daarna afgereken met hul eweknië van Georgië. Rustyd het hul voorgeloop met 6-3 nadat die losskakel Luan Giliomee twee strafdoele behaal het nadat sy Georgiese eweknie, Gigi Sirbiladze, sy span ‘n 3-0 voorsprong gegee het toe die SA span vir onkant gestraf is. Die eerste helfte was redelik gelyk met die Georgiërs wat goed verdedig het en telkemale die gashere se aanvalle gefnuik het.

Ná ‘n volgehoue ​​druk in die tweede helfte het die SA heelagter Dylan Miller oorgegaan om hul voorsprong tot 13-3 te rek. Met ‘n lekker briesie wat gehelp het en die plaasvervanger-voorspelers wat bygedra het, het die Suid-Afrikaners begin oorheers. Hulle het uiteindelik vir ‘n tweede keer die Georgiese lyn gebreek toe die plaasvervanger-skrumskakel, Brooklyn Newman, die lyn oorgesteek het vir nog ‘n verdoelde drie om die eindtelling na 20-3 te neem.

Puntemakers:


Suid-Afrika ‘A’ 20 (6) – Drieë: Dylan Miller, Brooklyn Newman. Doelskoppe: Luan
Giliomee (2). Strafdoele: Giliomee (2).

Georgië 3 (3) – Strafdoel: Gigi Sirbiladze.
Hersiene wedstryde vir die o.18 Internasionale Reeks:

Vrydag, 16 Augustus (Paarl Gimnasium):
13:30: Georgië vs Engeland
15:30: Suid-Afrika vs Ierland

Dinsdag, 20 Augustus (Paarl Hoër Seunskool)
13:30 Suid-Afrika vs Engeland
15:30 Ierland vs Georgië

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief