Jong Franse rugbyspeler steeds by Kaappunt gesoek

Lees ook :

Foto: SupaRugby

WES-KAAP. – Medhi Narjissi (17), ‘n o/18-rugbyspeler van Frankryk, wat sedert Woensdagmiddag by Diazstrand, Kaappunt, deur branders meegesleur is, is steeds nie gevind nie.

Ten spyte van ‘n uitgebreide soektog word hy steeds vermis. Djalil Narjissi, die vermiste seun se rugbyspeler-pa, is ‘n legendariese Agen-haker. Die vermiste tiener en sy rugbyspan van Frankryk, wat Suid-Afrika besoek om aan ‘n 4 Nasies-toernooi deel te neem, het Kaappunt op ‘n uitstappie besoek.

Craig Lambinnon, woordvoerder vir die NSRI, het in ‘n verklaring gesê die tiener het volgens vermoede in ‘n sterk seestroom in die moeilikheid beland en is meegesleur. Die operasionele sentrum is net na 15:00 deur Tafelberg Nasionale Park-veldwagters (TMNP) ingelig ‘n persoon blyk in die moeilikheid te wees. Van ‘n uitkykpunt bo kranse kon twee persone in die branders gesien word, waarna slegs een uit die water kon kom.

Die veldwagters het vinnig ondersoek ingestel en alle rolspelers geaktiveer. ‘n Soektog deur die polisie en ander rolspelers op land, in die lug en ter see, met branders van drie tot vier meter en ‘n noordelike wind van 15 knope, het gevolg. Die soektog was tot dusver onsuksesvol, maar duur voort.

Die Franse owerhede en die Stad Kaapstad Toerisme ondersteun met berading en logistiek.

Bronne: NSRI en SupaRugby

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief