Die jaarlikse internasionale o.18 rugby-reeks in Suid-Afrika het Vrydag in Kaapstad begin. Deelnemende lande is, Suid-Afrika, Engeland, Ierland, Georgië, en Frankryk
Die eerste ronde het afgeskop by die Hoërskool Durbanville met die SA o.18 span wat kragte gemeet het met Frankryk, terwyl die SA o.18 ‘A’-span teen Ierland te staan gekom het.
Georgië het op loop gegaan en geskok deur Engeland te verslaan. Speler van die wedstryd, Ghvinjilia Ioseb was ‘n doring in Engeland se vlees en hy het dan ook oorgegaan vir Georgië se eerste drie.(sien foto)
Tydens die openingswedstryd was die Iere net te sterk vir die SA “A” span en het geseëvier met 36-33.
Die SA Bokkies het daarna korte mette gemaak van hul Franse eweknie en weggehardloop met die Hane. Eindtelling 43 – 21.
Foto aXnshots – Johan Maree





