INTERNASIONAAL. – Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het gesê die verbod op jong atlete van Rusland en Belarus moet gelig word.
Lees ook: Voormalige Olimpiese afrigter aangekla van kinderseksuele misdrywe
Volgens die komitee moet atlete van die twee lande weer kan deelneem in individuele sowel as spanbyeenkomste onder hulle lande se vlae en met hulle nasionale liedere.
Internasionale federasies sal die versoek oorweeg in die hoop om die atlete volgende jaar in die Jeug Olimpiese Spele (YOG) in Dakar te laat deelneem.
Rusland en Belarus se atlete is van deelname verban nadat Rusland Oekraïne in Februarie 2022 ingeval het.
Bronne: BBC, CBC, CTV News
Lees ook: Voormalige Olimpiese afrigter aangekla van kinderseksuele misdrywe





