IRAN. – Die opperleier van Iran, die ajatolla Ali Khamenei, het gesê die VSA het niks verkry uit die aanvalle op Iran se kernaanlegte nie. Khamenei het gesê die aanvalle het “niks betekenisvol reggekry” om Iran se kernprogram te keer nie en Iran se aanval op die VSA-lugmagbasis in Katar was ’n “swaar hou”.
Lees ook: Bekende skrywer C Johan Bakkes oorlede
Hy het ook gewaarsku dat Iran nóg Amerikaanse weermagbasisse sal aanval as daar enige verdere aanvalle is nadat ’n skietstilstand Dinsdag bereik is.
Khamenei se opmerkings volg nadat Washington gesê het dit het “skade aan die kernprogram gedoen en dit met jare teruggestel”. Volgens Khamenei het Trump die impak van kernaanlegaanvalle “oordryf” en het gesê “hulle het niks reggekry nie en het nie hulle doel bereik nie”.
Bronne: BBC, PBS, The Independent
Lees ook: Bekende skrywer C Johan Bakkes oorlede





