Is gewigsverlies met GLP-1 die wonderkuur vir nie-diabete?

Lees ook :

Foto: KI gegenereer

Die GLP-1-molekule met sy metaboliese voordele word as ’n belowende en effektiewe hulpmiddel vir gewigsverlies beskou.

Diabetoloog dr. Ilana Joubert van Kaapstad sê huidige studies dui daarop dat dit veilig is om te gebruik. “Mits dit onder mediese toesig en vir die regte, geselekteerde pasiënte gebruik word.”

Lees ook: Diabetesmedikasie toenemend gewild vir gewigsverlies

“Aanvanklik is Ozempic (semaglutied) ontwikkel vir diabete alleen,” verduidelik sy oor dié middel wat groot opslae maak. Sy voeg by dat daar tans GLP-1-molekules is wat goedgekeur is vir die behandeling van obesiteit en gewigsverlies by pasiënte wat nie diabetes het nie.

Volgens dr. Joubert oortref die voordele die newe-effekte, mits pasiënte behoorlik gemonitor word.

“Dit verlaag en verbeter bloeddruk en verminder kardiovaskulêre risiko by oorgewig pasiënte sonder diabetes,” sê sy.

Sy voeg verder by dat dit sistemiese inflammasie en lewervervetting kan verbeter, en die progressie van prediabetes en/of insulienweerstandigheid na diabetes kan vertraag.

Ongeveer 20% tot 40% van pasiënte kan aanvanklike newe-effekte ervaar, maar volgens Jounert verbeter hierdie simptome in die meeste gevalle. Skaarser, maar klinies relevante newe-effekte en sekere gesondheidstoestande sluit die gebruik van hierdie behandeling uit.

Dr. Joubert sê studies toon dat pasiënte tot soveel as 50% tot 70% van die gewig wat hulle verloor het weer binne een jaar kan optel. Dit dui daarop dat obesiteit, soos ander chroniese siektes, moontlik langdurige behandeling vereis.

Sy beklemtoon dat leefstylverandering van kardinale belang bly en beveel aan dat pasiënte ook weerstandsoefeninge doen om spiermassaverlies te beperk.

GLP-1-behandeling vir oorgewig en obesiteit word gewoonlik aangedui vir pasiënte met ’n BMI van meer as 27 met ko-morbiede toestande soos hipertensie, dislipidemie, insulienweerstandigheid en slaapapnee.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief