Lees ook: VSA beweer Israel het Iran aangeval
ISRAEL. – Israeliese owerhede het gesê hulle is bekommerd dat slegs 40 van die 133 gyselaars wat deur Hamas ontvoer is, nog lewe.
Dit volg na Hamas en Israel verlede week ’n nuwe ooreenkoms oorweeg het om 40 gyselaars in ruil vir gevangenes vry te laat. Die kriteria vir die vrylating van die gyselaars was vrouens, kinders, bejaarde mans en siek mense. Hamas het gesê hulle kan 40 gyselaars vrylaat, maar kan nie waarborg die vrygelates voldoen aan die kriteria nie.
Dit is onbekend hoeveel gyselaars nog lewe na hulle op 7 Oktober deur Hamas ontvoer is.
Israel het verlede week ’n video gedeel waarin een van die gyselaars, Yarden Bibas, geslaan word terwyl hy na Gaza geneem is. Sy vrou en kinders, 10 maande en vier jaar, is ook na Gaza ontvoer. Hamas het gesê sy vrou en kinders is dood na ’n Israeliese aanval, maar Israel het dit ontken.
Bronne: The Sun, NBC News, Reuters
Lees ook: VSA beweer Israel het Iran aangeval





