Israel bevestig dit het nog ‘n gyselaar se liggaam ontvang

Lees ook :

Israel bevestig dit het nog ‘n gyselaar se liggaam ontvang fotokrediet: X

ISRAEL. – Israel het bevestig die liggaam van Meny Godard (73) is gister van Hamas deur middel van die Rooikruis ontvang.

Lees ook: Israel ontvang nog ‘n kis van Hamas met gyselaar

Hamas het die liggaam aan die Rooikruis oorhandig nadat dit in ‘n gesamentlike verklaring met die Palestynse Djihad gesê is die liggaam is in Khan Younis gekry.

Godard en sy vrou Ayelet is op 7 Oktober 2023 tydens Hamas se aanval op kibbutz Be’eri doodgemaak.

Daar is nog drie liggame van gyselaars oor in Gasa wat aan Israel oorhandig moet word. Twee is Israeliese burgers en een is ‘n Thaise burger.

Israel het gesê Hamas vertraag doelbewus die oorhandiging van die liggame, maar Hamas het gesê dit is moeilik om die liggame onder die puin te vind.

Die tweede fase van die skietstilstand kon nog nie in werking gestel word nie, omdat al die gyselaarliggame nog nie oorhandig is nie.

Bronne: BBC, CNN, CBC

Lees ook: Israel ontvang nog ‘n kis van Hamas met gyselaar

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief