GASA. – Israel het bevestig die liggame wat Hamas gister oorhandig het, is dié van drie Israeliese soldate.
Lees ook: Hamas oorhandig 3 kiste aan Israel wat glo liggame van gyselaars bevat
Forensiese toetse het bevind die liggame is dié van kol. Asaf Hamami (40), kapt. Omer Neutra (21) en sers. Oz Daniel (19).
Die liggame van agt gyselaars moet nog aan Israel oorhandig word.
Israel het Hamas daarvan beskuldig dat hulle doelbewus die opspoor van die oorlede gyselaars se liggame vertraag, terwyl Hamas sê hulle sukkel om die liggame onder die puin te kry.
Ses van die gyselaars van wie die liggame nog oorhandig moet word, is van Israel. Een is van Tanzanië en een is van Thailand.
Bronne: BBC, PBS, NBC News
Lees ook: Hamas oorhandig 3 kiste aan Israel wat glo liggame van gyselaars bevat
								
											




