Gesoekte verdagtes dood ná skietgeveg met polisie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

KWAZULU-NATAL. – Twee mans, wat na bewering by verskeie gewelddadige misdade in Inanda en omliggende gebiede betrokke was, is vanoggend (Maandag) in Umlazi doodgeskiet nadat hulle op polisiebeamptes geskiet het.

Volgens kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, het beamptes inligting oor die verdagtes se skuilplek ontvang. Met die polisie se aankoms in ’n informele nedersetting in D-afdeling, Silwane Khozaweg, het die verdagtes glo op hulle begin skiet, waarop die beamptes teruggeskiet het.

Twee vuurwapens is by die verdagtes wat gedood is, gevind. Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit met ander misdade in KwaZulu-Natal verbind kan word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief