ISRAEL. – Die Israeliese verdedigingsminister, Israel Katz, het beweer Iran het die skietstilstand, wat net ure gelede ingestel is, oortree.
Lees ook: Donald Trump kondig skietstilstand tussen Iran en Israel aan
Katz het gesê hy het die Israeliese verdedigingsmag beveel om “kragtig op te tree teen Iran se oortreding met intensiewe aanvalle teen regimeteikens in die hart van Teheran”.
Daar is geen bevestiging van Iran dat enige aanvalle geloods is nie. Iran het ontken dat dit enige vuurpyle op Israel geloods het.
*Israel het ‘n radarinstallasie naby Teheran aangeval. Die weermag het gesê dit gaan nie verdere aanvalle loods nie ná ‘n gesprek tussen president Trump en eerste minister Netanyahu.
Bronne: BBC, Sky News, thetimes
Lees ook: Donald Trump kondig skietstilstand tussen Iran en Israel aan





