Israel blaas VN-gebou op, Hamas val noodhulpkruising aan

Lees ook :

Israel blaas VN-gebou op, Hamas val noodhulpkruising aan
Israel blaas VN-gebou op, Hamas val noodhulpkruising aan fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel berei glo voor om Rafah in te val

GAZA. – Die Israeliese weermag het ‘n gebou opgeblaas wat aan die VN-agentskap vir Palestynse vlugtelinge behoort.

Die weermag het beweer Hamas gebruik die gebou as ‘n “militêre sentrum”. Daar was ook ‘n Israeliese aanval op twee skole in Gaza waarin verskeie families geskuil het.

Hamas het ‘n kruising waar noodhulp afgelewer word, met tien vuurpyle aangeval. Drie Israeliese soldate is dood en 11 is in die aanval beseer. Israel het daarop die noodkruising toegemaak.

Die Israeliese weermag het gesê dit bewys Hamas gebruik Gaziete as menslike skilde, want die vuurpyle is glo geskiet van siviele sentrums af. Hamas het gesê hulle teiken was ‘n Israeliese weermagbasis.

Bronne: Yeni Şafak, The Nation, Daily Mail

Lees ook: Israel berei glo voor om Rafah in te val

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief