Lees ook: Trump eis onmiddellike vrystelling van Israeliese gyselaars
GAZA. – Israel en Hamas is besig met indirekte samesprekings oor ’n wapenstilstand en die vrylating van gyselaars. Hamas het ‘n lys van 34 gyselaars aan Israel verskaf, wat die organisasie eis moet vrygelaat word in ruil vir die goedkeuring van die stilstand.
Op die lys is 10 vrouens, 11 ouer mans tussen 50 en 85 en kinders wat Hamas voorheen gesê het, is tydens ’n Israeliese lugaanval doodgemaak. Daar is ook gyselaars op die lys ingesluit wat Hamas beweer is siek.
Die onderhandelinge het gedurende die naweek in Doha, Katar, plaasgevind, maar geen substansiële vordering is tot dusver aangemeld nie. Hamas het duidelik gestel dat enige ooreenkoms wat die gyselaars betref, afhanklik sal wees van ‘n Israeliese onttrekking uit Gaza en ‘n permanente einde aan die gevegte.
Die konflik het ontstaan op 7 Oktober 2023, toe Hamas ‘n aanval op Israel uitgevoer het wat 1,200 mense doodgemaak het, terwyl 251 gyselaar geneem is. Israel het in reaksie daarop Gaza aangeval, wat tot dusver meer as 45,000 sterfgevalle aan Palestynse kant veroorsaak het.
Bronne: BBC, CNN, The Star
Lees ook: Trump eis onmiddellike vrystelling van Israeliese gyselaars