Lees ook: Ses VN-noodwerkers sterf in Israeliese lugaanval op skool vir Palestynse vlugtelinge
ISRAEL. – Die Israeliese weermag het erken hulle het “waarskynlik” drie gyselaars in ‘n lugaanval op Hamas in November gedood.
Die liggame van korporaal Nik Beizer, sers. Ron Sherman en Elia Toledano is in Desember teruggeneem Israel toe. Israel het in ‘n verklaring oor die naweek erken die mans is waarskynlik dood in ‘n Israeliese lugaanval op Hamas-leier, Ahmed Ghandour, in November.
Volgens die Israelise weermag het hulle nie geweet die gyselaars is in die kompleks waar Ghandour geskuil het nie.
Bronne: Daily Mail, New York Times, NBC News
Lees ook: Ses VN-noodwerkers sterf in Israeliese lugaanval op skool vir Palestynse vlugtelinge