Israel, Hamas sê daar is nie ‘n skietstilstand op hande nie

Lees ook :

Israel, Hamas sê daar is nie ‘n skietstilstand op hande nie
Israel, Hamas sê daar is nie ‘n skietstilstand op hande nie fotokrediet: Canva

Lees ook: VSA hoopvol Israel en Hamas sal skietstilstandooreenkoms bereik

GAZA. – Israel en Hamas het Dinsdag gesê daar is nog nie ‘n skietstilstand op hande nie. Dit volg na die Amerikaanse president Joe Biden gesê het hy is positief daar sal teen Maandag ‘n skietstilstandooreenkoms bereik word.

Biden en Israel het ooreengekom Israel sal hulle aanvalle tydens Ramadan opskort as ‘n ooreenkoms bereik kan word om 40 van die oorblywende 130 gyselaars vry te laat. Israel het gesê ‘n kwart van die gyselaars wat steeds in Gaza is, is dood.

Israel oorweeg glo om 15 Palestynse burgers wat op aanklagte van terrorisme in hegtenis geneem is, vry te laat vir vyf vroulike soldate wat in Gaza aangehou word. Vir elke gyselaar wat bevry word, sal drie Palestynse gevangenes vrygelaat word.

Hamas moet nog instem voor ‘n skietstilstand bereik kan word.

Bronne: Business Standard, New York Post, Gulf Today

Lees ook: VSA hoopvol Israel en Hamas sal skietstilstandooreenkoms bereik

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief