GASA. – Hamas het vanoggend die eerste sewe gyselaars aan die Rooikruis oorhandig. Israel het bevestig die gyselaars is veilig vrygelaat.
Lees ook: Hamas sê dit sal vanaf Maandag gyselaars begin vrylaat
Die sewe gyselaars is die eerste van 28 gyselaars wat vrygelaat moet word in ruil vir ongeveer 2 000 Palestynse gevangenes as deel van die skietstilstandooreenkoms tussen Israel en Hamas.
Daar is 20 lewende gyselaars en 28 liggame wat vrygelaat moet word.
Vragmotors met noodhulpvoorrade is besig om voor te berei om Gasa binne te gaan.
Bronne: Euronews, BBC, CBS News
Lees ook: Hamas sê dit sal vanaf Maandag gyselaars begin vrylaat





