Israel ontvang kis wat glo liggaam van gyselaar bevat

Lees ook :

Israel ontvang kis wat glo liggaam van gyselaar bevat fotokrediet: Canva

GASA. – Die Israeliese weermag het deur middel van die Rooikruis gister ‘n kis ontvang wat volgens Hamas die liggaam bevat van een van die laaste drie gyselaars wat steeds in Gasa was.

Lees ook: Families van gyselaars betoog in Israel

Die liggaam is na die nasionale sentrum van forensiese medisyne in Tel Aviv vir identifikasie geneem.

Volgens Hamas en die Palestynse Islamitiese Djihad is die liggaam van ‘n Israeliese gyselaar Maandag in Sentraal-Gasa gevind.

Die kantoor van die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gewaarsku hulle sien “die vertraging in ‘n onmiddelike oorhandiging” van die liggaam as ‘n “verdere oortreding” van die skietstilstandooreenkoms.

Bronne: BBC, Ground News, New York Times

Lees ook: Families van gyselaars betoog in Israel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief