Israel sê tweede fase van skietstilstand is ‘naby’

Lees ook :

Israel sê tweede fase van skietstilstand is ‘naby’

ISRAEL. – Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gesê die tweede fase van die skietstilstand tussen Israel en Hamas is naby.

Lees ook: Israel ontvang liggaam van Thaise gyselaar

Onder die tweede fase van die plan van die Amerikaanse president, Donald Trump, moet Israel hulle weermag verder uit Gasa onttrek terwyl ‘n oorgangsowerheid ingestel word en ‘n internasionale veiligheidsmag in Gasa ontplooi word. Hamas moet ontwapen en die herbou van Gasa moet begin.

Nog een gyselaar se liggaam is in Gasa en moet oorhandig word voordat die eerste fase van die skietstilstand beëindig kan word.

Die liggaam van sers. Ran Gvili word nog deur die Rooikruis en lede van Hamas gesoek.

Bronne: BBC,  CBC, ABC News

Lees ook: Israel ontvang liggaam van Thaise gyselaar

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief