Israel se verdedigingsminister sê Gasastad sal vernietig word as Hamas nie instem tot voorwaardes nie

Lees ook :

Israel verdedigingsminister sê Gasastad sal vernietig word as Hamas nie instem tot voorwaardes fotokrediet: X

ISRAEL. – Die Israeliese verdedigingsminister, Israel Katz, het gesê Gasastad sal vernietig word indien Hamas nie instem om hulle wapens neer te lê en alle gyselaars te bevry nie.

Lees ook: Israel berei voor om Gasastad oor te neem

Katz se kommentaar volg nadat Israel se kabinet gister die plan om Gasastad oor te neem, goedgekeur het. Hy het in ’n plasing op sosiale media gesê: “Binnekort sal die hekke van die hel oopmaak op die koppe van Hamas-moordenaars en -verkragters in Gasa – tot hulle instem tot Israel se voorwaardes om die oorlog te beëndig, hoofsaaklik die vrylating van alle gyselaars en neerlê van wapens. As hulle nie instem nie, sal Gasa, die hoofstad van Hamas, soos Rafah en Beit Hanoun word”.

Albei hierdie stede is in Israeliese weermagoperasies vernietig .

Die eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gister gesê hy het “instruksies gegee om onmiddellik te begin met onderhandelinge om alle gyselaars vry te laat”.

Hamas het Maandag ingestem tot voorstelle vir ’n 60 dag-skietstilstand waartydens die helfte van die gyselaars vrygelaat sal word, maar Netanyahu het dit verwerp en gesê alle gyselaars moet bevry word en die oorlog moet eindig op “voorwaardes aanvaarbaar vir Israel”.

Bronne: BBC, The Straits Times, NDTV

Lees ook: Israel berei voor om Gasastad oor te neem

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief