GASA. – Israel het “spyt” uitgespreek ná ’n aanval deur die Israeliese weermag die Holy Family- Katolieke kerk, die enigste Katolieke kerk in Gasa, getref het en die dood van drie mense veroorsaak het. Tien mense is in die aanval beseer.
Lees ook: Kliniek sê kinders wat gewag het vir vitamiene in Israeliese aanval gedood
Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gesê sy land is “spyt dat ‘dwaalammunisie'” die Holy Family-kerk getref het en het gesê “elke onskuldige lewe wat verloor is, is ’n tragedie. Ons deel die rou van die families en die gelowiges”. Netanyahu het gesê Israel ondersoek die voorval.
Volgens die Israeliese verdedigingsmagte het ’n aanvanklike verslag dui aan fragmente van ’n projektiel wat tydens ’n operasie afgevuur is, het die kerk per ongeluk getref. Die oorsaak van die voorval word ondersoek”.
Pous Leo XIV het uit die Vatikaan gesê “hy is verskriklik hartseer oor die verlies van lewe en beserings wat veroorsaak is deur ’n militêre aanval op die Holy Family-kerk in Gasa”. Die pous het weer gesê die oorlog moet eindig.
Bronne: BBC, CNN, ABC News
Lees ook: Israel erken ‘tegniese fout’ het tot kinders se dood gelei





