Israel erken ‘tegniese fout’ het tot kinders se dood gelei

Lees ook :

Kinders dood in Israeliese aanval, Israel erken ‘tegniese fout’ het daartoe gelei fotokrediet: X

GASA. – Tien mense, insluitend ses kinders, is gister dood in ’n Israeliese aanval terwyl hulle gewag het om waterkanne in Gasa vol te maak.

Lees ook: Kliniek sê kinders wat gewag het vir vitamiene in Israeliese aanval gedood

’n Dokter by die al-Awda-hospitaal het gesê 16 mense, insluitend sewe kinders, is in die aanval gewond. Ooggetuies het gesê ’n hommeltuig het ’n vuurpyl geskiet op ’n groep mense wat met leë kanne langs die al-Nuseirat-vlugtelingkamp gewag het om water te kry.

Die Israeliese weermag het erken ’n “tegniese fout” het gelei tot die mense se dood en het gesê die aanval se teiken was ’n “terroris” maar dat die fout gelei het tot die ammunisie wat te ver van die teiken af geval het.

Die Israeliese weermag het gesê dit is besig om die voorval te ondersoek en dat dit “spyt is oor enige skade aan onbetrokke burgers”.

Bronne: BBC, New York Times, Sky News

Lees ook: Kliniek sê kinders wat gewag het vir vitamiene in Israeliese aanval gedood

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief