Israel val Beiroet aan, teiken glo Hezbollah-leier

Lees ook :

Israel val Beiroet aan, teiken glo Hezbollah-leier
Israel val Beiroet aan, teiken glo Hezbollah-leier fotokrediet: Canva

Lees ook: Hezbollah probeer Mossad in Israel aanval

Israel het Vrydag ‘n aanval op Hezbollah-vestings in die suidelike voorstede van Beiroet geloods. Sowat ses mense is oorlede en 91 gewond in die Israeliese lugaanvalle.

Volgens Israel was hulle teiken ’n Hezbollah-leier en verskeie geboue waarin wapens gestoor is, asook vuurpyllanseerders. Die Israeliese weermag het gesê hulle sal aanhou met die aanvalle.

Hezbollah het Israel met vuurpyle geteiken uit weerwraak vir die aanslag op Beiroet. Ongeveer 700 mense in Libanon is tot dusver dood in aanvalle deur die Israeliese weermag.

Bronne: BBC, CNN, Sky News

Lees ook: Hezbollah probeer Mossad in Israel aanval

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief