JEMEN. – Sowat een persoon is dood en 35 is beseer na Israel die Hodeidah-hawe in Jemen aangeval het uit weerwraak vir ’n Hoethi-aanval op die Ben Gurion-lughawe.
Lees ook: Betogings in Israel na regering verskerpte militêre veldtog in Gaza aankondig
Die Israeliese weermag het gesê dit het die hawe en geboue om dit – insluitend ’n sementfabriek wat “’n belangrike ekonomiese hulpbron” is wat gebruik word vir die bou van tonnels en weermaginfrastruktuur – Maandag aangeval.
Israel het beweer die hawe word gebruik om Iranse wapens en weermagtoerusting te vervoer.
Dit is onbekend hoe erg die skade na die aanval was. Die aanval het gevolg na Hoethi’s ’n vuurpyl afgevuur het naby die Ben Gurion-lughawe in Israel en gewaarsku het die lughawe is “nie meer veilig vir reis nie”.
Bronne: The Independent, CNN, NBC News
Lees ook: Betogings in Israel na regering verskerpte militêre veldtog in Gaza aankondig





