Israel val Libanon aan, beide lande blameer mekaar vir oortreding van skietstilstand

Lees ook :

Israel val Libanon aan, beide lande blameer mekaar vir oortreding van skietstilstand
Israel val Libanon aan, beide lande blameer mekaar vir oortreding van skietstilstand fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel en Hezbollah stem in tot skietstilstand

LIBANON. – Die Israeliese weermag het gisteraand teikens in Libanon aangeval, glo uit weerwraak vir ’n aanval deur Hezbollah op ’n militêre teiken van Israel.

Beide Libanon en Israel blameer mekaar vir die oortreding van die skietstilstandooreenkoms wat verlede week bereik is.

Minstens nege mense is dood in Israel se aanvalle terwyl die Israeliese weermag beklemtoon het dit is toegewyd aan die skietstilstandooreenkoms.

Hezbollah het gesê dit het die militêre teiken aangeval oor Israeliese “oortredings” en dat dit ’n “waarskuwing” was.

Benjamin Netanyahu het gesê die aanval deur Hezbollah is “’n ernstige oortreding van die skietstilstandooreenkoms” en dat Israel “sal reageer”.

Bronne: DW – South Africa, BBC, Financial Times

Lees ook: Israel en Hezbollah stem in tot skietstilstand

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief