Israel val verskeie dele van Gasastad aan ter voorbereiding vir oorname

Lees ook :

Israel val verskeie dele van Gasastad aan in voorbereiding vir oorname fotokrediet: X

GASASTAD. – Die Israeliese weermag het verskeie dele van Gasastad aangeval ter voorbereiding vir die oorname van Gasastad.

Lees ook: Wêreldleiers kritiseer Israel vir besluit om Gasa oor te neem

Volgens die Hamas-bestuurde gesondheidsministerie is 64 mense dood en byna 300 beseer in Israel se aanvalle dié naweek. Die gesondheidsministerie het gesê die dodetal sedert die oorlog begin het, staan op 62 686 met 157 951 persone wat beseer is.

Die VN het Vrydag ’n verslag vrygestel waarin hongersnood in Gasa vir die eerste keer bevestig is. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het die verslag verwerp en gesê die kriteria om ’n hongersnood te verklaar, “is verander om Hamas te bevoordeel”.

Bronne: BBC, Sky News, RTE

Lees ook: Wêreldleiers kritiseer Israel vir besluit om Gasa oor te neem

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief