Israel verklaar oorlog teen Hamas

Lees ook :

Israel verklaar oorlog op Hamas-groep
Israel verklaar oorlog op Hamas-groep fotokrediet: Canva

Lees ook: Pastoor tydens roof doodgeskiet

ISRAEL. – Israel het formeel by monde van sy eerste minister, Benjamin Netanyahu, oorlog verklaar teen die Palestynse militante Hamas-groep na duisende vuurpyle onverwags Saterdag vanaf Gaza op Israel geskiet is.

Ongeveer 170 vrouens, kinders en ou mense is ontvoer. Sondag is nog vuurpyle op Israel geskiet. Persone wat ’n musiekfees bygewoon het, is ook aangeval en minstens 260 het omgekom, met die dodetal wat na verwagting nog sal styg.

Israel het Sondag teenlugaanvalle op Gaza geloods en het formeel oorlog teen die Hamas-groep verklaar.

Minstens 700 Israeli’s s is in die aanvalle dood, terwyl minstens 370 persone in Gaza omgekom het. Die dodetal aan beide kante sal na verwagting styg soos die konflik voortduur.

Die VN het ’n afvaardiging na die Lebanon-grens gestuur met die hoop om die konflik op te los voor dit vererger.

Bronne: DW – South Africa, Sky News, CNN

Lees ook: Pastoor tydens roof doodgeskiet

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief