Brekende Nuus
Afrikaans

Israel vra IGH om Suid-Afrika se versoek te verwerp

Hulle het gesê Suid-Afrika bevorder die belange van Hamas en probeer Israel die reg om hulle land te verdedig ontneem.

Israel vra IGH om Suid-Afrika se versoek te verwerp

fotokrediet: Canva
Israel vra IGH om Suid-Afrika se versoek te verwerp fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel val hospitaal in om gyselaars se oorskot te kry

DEN HAAG. – Israel het Suid-Afrika gekritiseer oor hulle versoek aan die Internasionale Geregshof om te keer dat Israel Rafah verder inval.

Hulle het gesê Suid-Afrika bevorder die belange van Hamas en probeer Israel die reg om hulle land te verdedig ontneem.

Israel het gister die Internasionale Geregshof gevra om Suid-Afrika se versoek te verwerp. Hulle sê die noodmaatreëls wat hulle reeds ingestel het, dek die situasie in Gaza as ’n geheel.

Israel is ook van mening Suid-Afrika se besluit om hof toe te gaan misbruik die hof se hulpbronne. Hulle het verder aangevoer Suid-Afrika se ongegronde bewerings het “geen basis in feit of die wet” nie.

Bronne: African News, SABC, ECR

Lees ook: Israel val hospitaal in om gyselaars se oorskot te kry