GAZA. – Israel het gesê dit wil die eerste fase van die skietstilstand verleng wat die ruil van gyselaars vir gevangenes en die toelaat van hulp in Gaza behels.
Lees ook: Hamas stel vrylating van gyselaars uit, blameer Israel
Hamas het aangedring die tweede fase moet ingestel word sodat die Israeliese weermag uit Gaza onttrek en die oorlog permanent beëindig kan word.
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gesê Israel ondersteun ’n voorstel deur die VSA om die huidige fase vir Ramadan te verleng. Hy het in ’n verklaring gesê hulle voorstel is dat die helfte van die lewende en oorlede gyselaars op die eerste dag oorhandig word en as die ooreenkoms dan ’n permanente einde aan die oorlog bring, die res vrygelaat sal word.
Hamas se woordvoerder Hazem Qassem het gesê dit lyk of Israel se benadering wat “beoog om hulle gyselaars terug te kry terwyl dit die moontlikheid behou om die oorlog voort te sit” die bepalings van die skietstilstand weerspreek.
Hy het gesê “Om die eerste fase te verleng op die manier wat dit deur Israel voorgestel is, is onaanvaarbaar vir ons”.
Bronne: CNN, ABC News, IOL
Lees ook: Hamas stel vrylating van gyselaars uit, blameer Israel





