Lees ook: Israel beweer weermag het 3 Hezbollah-leiers en 70 soldate in 48 uur doodgemaak
LIBANON. – Minstens 19 mense, insluitend ses vrouens en vyf kinders, is dood in ‘n Israeliese lugaanval op ‘n huis in Libanon.
Volgens die BBC het plaaslike owerhede gesê die oorledenes was ‘n voormalige skoolhoof en drie generasies van sy familie wat by die huis was. Die plaaslike imam, sheikh Abdo Abo Rayya, en nog twee verbygangers is ook in die aanval dood.
Altesaam 28 mense is oor die laaste 24 uur in Libanon in Israeliese aanvalle dood.
Bronne: BBC, AlKhaleej Today, The Times of Israel
Lees ook: Israel beweer weermag het 3 Hezbollah-leiers en 70 soldate in 48 uur doodgemaak