GASASTAD. – Die Israeliese weermag het gister gesê dit beheer nou 40% van Gasastad. Brig.genl. Effie Defrin, weermagwoordvoerder, het gesê “die operasie sal aangaan om uit te brei en te intensifiseer in die komende dae. Ons sal druk op Hamas vermeerder totdat dit oorwin is”.
Lees ook: Israel keur volledige oorname van Gasastad goed
Hamas het Israel se pogings om Gasastad oor te neem, veroordeel en gesê dit bewys Israel se “blatante ignorering “ van pogings om ’n skietstilstand en ’n ooreenkomste te bereik om die gyselaars vry te laat. Volgens die groep is die eerste minister, Benjamin Netanyahu, die “hindernis in enige ooreenkoms” en misken hy die lewens van die gyselaars.
’n Israeliese beampte het gesê die regering het benadruk enige ooreenkoms moet die vrylating van alle gyselaars insluit.
Bronne: The Times of India, Fox News, SABC News





