Isuzu MU-X Onyx

Lees ook :

Die Isuzu MU-X Onyx is nie goedkoop nie — maar hy probeer ook nie wees nie. Teen omtrent R1 026 800 vir die nuwe Onyx XT 4×4 in Suid-Afrika speel hy in premium SUV territory… en eerlikwaar, hy hoort daar.

Van buite lyk hy soos iets wat in ’n donker pak en sonbril opgedaag het. Swart grille, swart trims, swart wiele — dis soos Batman besluit het om ’n familie SUV te koop.Maar die Onyx is meer as net ’n “black pack”.

Onder die enjinkap is daai beproefde 3.0-liter turbodiesel met 140kW en 450Nm, en jy voel daai torque. Dis nie ’n SUV wat jou wil beïndruk met launch control of fake engine noise nie. Hy doen dit old school — brute diesel muscle.

Op die oop pad voel hy ontspanne en solied. Hy ry soos iets wat gebou is om ver te gaan. Langpad na die Bosveld? Maklik. Sleep ’n boot? Geen probleem. Grondpad met sinkplaat wat jou tande wil losskud? Die MU-X glimlag net.

En dis waar die Onyx vir my wen — karakter.

Baie moderne SUVs voel soos groot hatchbacks op stelte. Die MU-X voel soos ’n regte SUV. Body-on-frame, laestrek, 4×4 vermoë — die regte goed.

Binne raak dinge egter verrassend luuks. Leerafwerking, goeie tegnologie, veiligheidssysteme, 360-kamera, groot infotainment en sewe bruikbare sitplekke.

Dis nie net ’n avontuurmasjien nie; dis ’n gesinswa wat premium probeer wees sonder om pretensieus te raak.En ja, daar’s daai tipiese Isuzu-betroubaarheid wat saamry. Dis amper soos ’n bankkluis op wiele.Humoristies?

Die MU-X Onyx is soos daai ou by die braai met ’n Rolex en stof op sy vellies. Hy praat min, maar jy weet hy kan ’n trailer trek én ’n skaap slag.

Nou oor daai prys — oor ’n miljoen rand klink baie, maar kyk na waar hy sit teen kompetisie soos die Toyota Fortuner en Ford Everest, en dit begin sin maak. Is hy perfek? Nee. Hy is nie die mees sportiewe SUV in draaie nie, en hy probeer nie wees nie. Maar dis soos om ’n rugby slot te kla hy sprint nie soos ’n wing nie.Verkeerde verwagting.

Die Isuzu MU-X gaan oor iets anders:Betroubaarheid. Vermoë. Teenwoordigheid.

As die gewone MU-X ’n veldbaas is, is die Onyx daardie veldbaas in ’n tuxedo.

Hy vat jou kantoor toe Maandag…Namibië toe Vrydag…En waarskynlik terug met minder drama as jou WhatsApp groepe.

Prys: ± R1.03 miljoen

Verdict: 8.9/10

https://www.isuzu.co.za/vehicles

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief