Lees ook: Wêreldwye IT-probleme moontlik veroorsaak deur Crowdstrike kubersekuriteit
Die “ernstigste IT-onderbreking in die wêreld” is veroorsaak deur CrowdStrike, die sagtewarefirma vir kubersekuriteit. CrowdStrike het erken ‘n foutiewe sagteware-opdatering het veroorsaak dat probleme globaal ondervind is.
Volgens die firma is ‘n “fix” uitgestuur om die probleem op te los. Die maatskappy het gebruikers verseker die probleem is nie deur kuberkrakers veroorsaak nie.
Banke, lughawens, treinstasies, finansiële maatskappye, mediamaatskappye, winkels en meer het gesukkel met IT-onderbrekings. TV-kanale, radioprogramme en kaartjieverkope vir sokkerwedstryde is ook deur die onderbrekings aangetas.
Bronne: Daily Mail, AlKhaleej Today, The Independent
Lees ook: Wêreldwye IT-probleme moontlik veroorsaak deur Crowdstrike kubersekuriteit





