VSA. – Verskeie items wat uit die Epstein-dokumente gehaal is, insluitend ‘n foto van Donald Trump, is weer op die departement van justisie se webtuiste geplaas.
Lees ook: Duisende Epstein-dokumente vrygestel
Die adjunk-prokureur-generaal, Todd Blanche, het gesê die items is eers verwyder nadat van die slagoffers kommer daaroor uitgespreek het, maar dat dit ná ‘n hersiening weer geplaas is.
Saterdag is 13 dokumente skielik verwyder, maar dit is Sondag weer ingesluit. Demokrate op die huisoorsigkomitee het op sosiale media die prokureur-generaal, Pam Bondi, van ‘n toesmeerdery beskuldig.
Die Amerikaanse departement van justisie het gesê die foto van Trump is afgehaal “vir die verdere potensiële aksie om slagoffers te beskerm”. Daar was verskeie vroue saam met Trump op die foto.
Bronne: BBC, Sky News, The Independent
Lees ook: Duisende Epstein-dokumente vrygestel





