Die departement van mineraal- en petroleumhulpbronne het ‘n regstelling uitgereik nadat ‘n fout met die nuwe brandstofpryse gemaak is voordat die aanpassings vandag in werking getree het. Die fout het spesifiek die dieselprys geraak. Die korrekte bedrag is R5,27 per liter.
Luidens ‘n verklaring deur die departement (wat onder aan die berig gepuliseer is), is ‘n verlaging van 93,00 sent per liter op die brandstofheffing vir diesel verkeerdelik as slegs 0,93 sent per liter vasgelê. Hierdie skynbaar klein skryffout het ‘n groot verskil gemaak – dit het daartoe gelei dat die groothandelsprys vir diesel as R6,19 per liter aangekondig is, pleks van R5,27 per liter — ‘n verskil van 92 sent per liter. Die departement het die fout betreur en om verskoning gevra vir enige ongerief wat dit veroorsaak het, veral gegewe die tydsberekening so kort voor die inwerkingtreding van die nuwe pryse.
Die korrekte brandstofprysverhogings, soos bevestig deur die Departement, is soos volg:
| Brandstoftipe | Verhoging |
|---|---|
| Petrol 93 & 95 (ULP & LRP) | R3,27/liter |
| Diesel (0.05% swael) | R5,27/liter |
| Diesel (0.005% swael) | R5,27/liter |
| Verligtende Paraffien (groothandel) | R4,22/liter |
| SMNRP vir IP | R5,63/liter |
| LPG (Gauteng) | R5,07/kg |
| LPG (Wes-Kaap) | R5,78/kg |
Die Departement het beklemtoon dat hulle verbind bly tot die verskaffing van tydige, akkurate en deursigtige inligting aan die publiek en alle belanghebbendes.






