Brekende Nuus
Misdaad

Polisie soek man ná driedubbele moord

Foto's: SAPD

NOORDWES. – James Mohajane (41) word deur die polisie gesoek nadat sy meisie, haar suster en haar suster se kêrel naby Makapanstad na bewering met ‘n graaf doodgekap is.

Volgens polisiewoordvoerder, brig. Athlenda Mathe, is Moipone Lefoka, Esther Lefoka en Tshepo Molekwa, Sondagoggend dood by ’n huis aangetref. Mohajane was nie op die toneel toe die polisie daar aankom nie. Sy selfoon is egter op die misdaadtoneel gevind. Die motief vir die moorde is nog onbekend en word ondersoek.

Enigiemand met inligting oor Mohajane en waar hy hom bevind, word gevra om sers. Nhlapo by 078 918 7746 te bel.