Jan Bloukaas beplan laaste toer vir eers

Lees ook :

Jan Bloukaas beplan laaste toer vir eers. Foto's: Facebook

Die sanger Jan Bloukaas het aangekondig hy besig is om sy laaste musiektoer te reël.

Hy het die nuus gebreek nadat hy saam met sy gesin in Glentana vir die Paasnaweek was. Volgens hom probeer hy al vir die afgelope vier weke werk, maar vind dit moeilik. “Met my gehoor wat weg is aan die een kant is dit vir my vreeslik moeilik om musiek te maak.”

Hy hou glo sy oog toegeplak omdat sy gesig aan die een kant verlam is en hy nie sy oog kan knip nie. “My balans is heel snaaks en ek strompel maar so, so live shows dink ek gaan regtig moeilik wees.”

Volgens hom is hy vol moed, maar nie meer die kunstenaar wat hy altyd was nie.

“Dis tyd om te beweeg, want mens weet nie wat die volgende newe-effek is wat gaan opduik nie.”

Hy is besig om sy laaste musiektoer vir eers te reël en het aanhangers vir aanbevelings gevra oor waar hy moet optree.

Bron: Jan Bloukaas Facebook-blad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief