Jan Bloukaas se roudiens privaat

Lees ook :

Foto: Jan Bloukaas

Jean du Plessis (25) het op 4 Desember na ‘n lang, openlike, gedeelde en moedige geveg teen kanker gesterf.

Die Jan Bloukaas-bestuurspan sê sy roudiens sal egter nie soos die “kankerpad” met almal gedeel word nie. Die roudiens sal net vir sy nabye familie en vriende wees en sal ook nie lewendig gestroom word nie.

Sy familie bedank elkeen vir boodskappe en gebede ter ondersteuning wat Jean veral die laaste twee jaar ontvang het.

Die BackaBuddy wat begin is om die laaste album, God Kan, die lig te laat sien en ‘n skenking aan CANSA te maak, is steeds oop. Bydraes word verwelkom. Die volledige album is die Vrydag voordat hy gesterf het, met behulp van skarebefondsing en ander sangers in die musiekbedryf opgeneem.

In ‘n laaste video-opname het Jean gesê: “…daar is nie ‘n dood nie, daar is net lewe met Jesus Christus, Amen…”

“Sy musiek leef voort en sy stem sal altyd by ons bly.”

Lees die amptelike verklaring van Jan Bloukaas se laaste groet en eerbetoon hier onder:

Die afgelope week, was ‘n moeilike week vir ons almal en ons glo vir die wat Jean (Jan Bloukaas) se reis gesien het oor die afgelope twee jaar ook. Jean het ontsaglik baie gedeel met almal en deel gemaak van die stryd en sy loopbaan deur die jare.

Die familie het besluit om sy afsluiting privaat te hou. Dit sal nie gestream word of vir die publiek oop wees nie. Die familie wil hom afsien saam met nabye familie en jarelange vriende. Ons glo en vertrou dat almal as sy ondersteuners begrip het hiervoor.

Van die familie af, wil ons elke een bedank vir elke ondersteuner boodskappe, gebede en foto’s wat gedeel word. Ook aan die media, radiostasies en pers, vir die talle pragtige huldeblyke. Dit beteken vir die familie baie.

Sy BackaBuddy is steeds oop en soos hy beloof het, gaan 20% van ‘n lied wat gestroom word na CANSA. Laat sy nalatenskap naleef in musiek en sy woord jou dra in jou moeilike tye. Stroom, download en kry GOD KAN op jou playlist.

Fotokredit: Tag jouself asb. – dit is presies hoe ons hom sien instap om by Jesus se voete te wees.

Soos Jean (Jan Bloukaas) sou sê: Dankie my katte🩵🕊😻

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief