Jan Bloukaas sterf

Lees ook :

Foto's: Jan Bloukaas

Jan Bloukaas (25), oftewel Jean du Plessis, het Dinsdagaand na ‘n lang siekbed weens kanker gesterf.

Sy bestuurspan het in die vroeë oggendure die nuus bekendgemaak. Die sanger, wat Vrydag sy laaste volledige album, God Kan, met behulp van skarebefondsing en ander sangers in die musiekbedryf bekendgestel het, het sy droom vervul.

Die sanger het Sondag sy laaste video geplaas waarin hy vertel het hy het ná die album vrygestel is bietjie agteruitgegaan en is op suurstof: “…daar is nie ‘n dood nie, daar is net lewe met Jesus Christus, Amen…”

“Sy musiek leef voort en sy stem sal altyd by ons bly.”

Medelye stroom van bekendes en van aanhangers in.

Lees die volledige verklaring hier onder:

Amptelike verklaring:

—–‐—————————-

Dit is met groot hartseer dat ons met julle nuus meedeel, Jan Bloukaas, Jean du Plessis – gisteraand na sy Hemelse huis is.

Sy helder lag, liefde, veg krag en omgee vir ander los ń leemte by ons. Die familie en naasbestaandes bedank elk een vir hulle gebede, ondersteuning en vra vir privaatheid in die tyd.

Sy musiek leef voort en sy stem sal altyd by ons bly. Ons gaan jou mis maar weet jy is jou waar jy moet wees.

Alle versoeke kan aan gerig word, Aïda – [email protected]

7/10/1999 – 03/12/2024

Nou kan jy rus🩵

—————–

Jan Bloukaas Bestuur

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief