Jan Bloukaas het Maandag sy 25ste verjaardag gevier. Die gewilde sanger, wat teen kanker veg en besig is om ‘n nuwe album vir sy aanhangers op te neem, is heel in sy noppies met sy verjaardag.
“My katte… ek kan dit nie glo nie. Ons het dit gemaak deur elkeen van julle se gebede en God se soet Genade.”
“Vandag is ek 25 jaar oud. Happy birthday to me!”





