Jason Afrique- moordverdagte in hof

Lees ook :

Foto: Facebook

NOORD-KAAP. – John-Ross Crossbery Henderson (38) was Maandag vlugtig in die hof op aanklagte van die moord op Jayson Afrique (28) en poging tot moord op sy vrou (27). Die saak is tot Woensdag uitgestel.

Lt.kol. Sergio Kock sĆŖ die Kimberley-landdroshof het die saak vir verdere ondersoek vir Henderson se borgtogaansoek tot 25 September uitgestel. Henderson bly in aanhouding terwyl die ondersoek voortduur.

Jayson Afrique is op 31 Julie omstreeks 21:00 in Newpark, Kimberley, by die ingang van ‘n kompleks doodgeskiet, terwyl sy vrou gewond is. ‘n Verdagte (38) is Vrydag omstreeks 20:30 by ‘n vulstasie in Kimberley deur die polisie vasgetrek.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

‘n Man (28) is Woensdagaand omstreeks 21:00 in Newpark, Kimberley, doodgeskiet toe hy en sy vrou (27) by die hek van hulle kompleks wou inry.

Lt.kol. Sergio Kock sĆŖ die egpaar het in hulle wit Toyota Hilux-bakkie by die hek stilgehou om in te ry toe ‘n onbekende verdagte hulle genader en verskeie skote na die bakkie geskiet het. Die man is doodgeskiet.

Die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord.

Enigiemand met inligting oor die insident word gevra om AO Thabang Kamolaneb by 082 302 0407 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĆŖre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is diƩ van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief