Lees ook: Jay-Z en Diddy beskuldig van verkragting van meisie (13)
VSA. – Jay-Z se prokureur het gevra die verkragtingsaak teen hom moet laat vaar word oor teenstrydighede in die klaagster se verklaring.
Die vrou het beweer Jay Z en P Diddy het haar in 2000 by ’n partytjie bedwelm en verkrag toe sy 13 jaar oud was. In haar verklaring het sy gesê sy het met ’n bekende gepraat, maar die bekende se verteenwoordiger het gesê hy was daardie tyd op toer.
Haar pa het aan NBC News gesê hy kan nie onthou dat hy vyf uur gery het om haar ná die beweerde verkragting te gaan haal soos sy gesê het nie.
Die vrou het in ’n onderhoud met NBC erken sy het “’n paar foute” in haar bewerings gemaak, maar dat sy hou by haar storie.
Bronne: BBC, Daily Mail, Evening Standard
Lees ook: Jay-Z en Diddy beskuldig van verkragting van meisie (13)





