VSA. – Die Amerikaanse akteur, Jerry Adler is in die ouderdom van 96 oorlede.
Lees ook: Lyle Menendez parool geweier
Adler, veral bekend vir sy rol as Herman “Hesh” Rabkin in The Sopranos, is volgens ‘n verteenwoordiger van sy familie Saterdag “vreedsaam in sy slaap oorlede”.
Adler het vir meer as drie dekades as ’n verhoogbestuurder en regisseur in die teaterindustrie gewerk met sterre soos Julie Andrews, Angela Lansbury en Richard Burton.
Hy het in die 1980’s en 1990’s in televisie as ’n verhoogbestuurder gewerk. Adler het self eers filmrolle begin aanvaar toe hy in sy sestigs besig was om vir aftrede voor te berei. Hy was onder andere te sien in Manhattan Murder Mystery, The Public Eye en In her Shoes.
Bronne: BBC, The Sun, ABC
Lees ook: Lyle Menendez parool geweier





