Maritha Snyman (71), ’n bekende jeugromanskrywer en letterkundekenner, is Maandag in ’n motorongeluk oorlede.
Snyman is die voormalige uitvoerende hoof van LAPA Uitgewers. In akademiese hoedanigheid was sy as professor betrokke by Unisa se inligtingkunde-departement.
Sy was onder meer bekend vir ’n paar titels in die gewilde Reënboogrant-reeks vir kinders. Sy word deur roubeklaers op sosiale media as ’n “toeganklike en liewe mens” beskryf.
Bronne: LAPA Uitgewers, Vriende van NALN, Facebook





