Lees ook: Bekende akteur dood in haaiaanval
AUSTRALIЁ. – ‘n Jeugpastoor (40) is Saterdag dood in ‘n haaiaanval terwyl hy visgevang het by die Australiese Great Barrier Reef met sy familie.
Luke Walford, ‘n jeugpastoor van Queensland, is deur ‘n haai gebyt terwyl hy en sy familie besig was om vis te vang. Hy is ‘n uur later op die toneel oorlede aan sy “lewensbedreigende wonde”. Paramedici het hom probeer red, maar was nie suksesvol nie.
Dit was die vyfde haaiaanval in Australië vanjaar.
Bronne: BBC, ABC News, Newsweek
Lees ook: Bekende akteur dood in haaiaanval